- ホーム
- > 洋書
- > 英文書
- > History / World
Full Description
Die gruwelike geskiedenis van die wereld vertel die vieslike maar fassinerende verhaal van mense - van brein-etende Neandertallers tot verskrikte tienersoldate in die twintigste eeu - alles in die grillerigste en gruwelikste volkleur. Wil jy weet: Hoekom Alexander die grote baarde verbied het? Aan watter stink sportsoort die Samurai-vegters deelgeneem het? Wie probeer het om van haar vyande ontslae te raak met 'n koek wat gemaak is van vergiftigde badwater? Vind die waarheid uit oor die gruwelike gevegte in die Horrible Histories se reels van oorlogvoering, waag dit om die aaklige huise te besoek in ons Agterstraat-speletjie en maak jouself gereed om vyftig van die Skurfste Skurke te ontmoet in ons verskriklike uitvoublad. 'n Wonderlike en innoverende manier om meer oor geskiedenis te leer!