Full Description
Fatima Sydow is die koningin van Kaaps-Maleise kos. Fatima Sydow Cooks is 'n ode aan alles wat heerlik, geurig en goed vir die siel is - uit haar eie kombuis. Met meer as 90 resepte kry jy hier alles wat nodig is om elke dag lekker te eet: van souse, gebak, ligte maaltye, kerries en bredies tot poedings en iets vir die koekblik.
En altyd met 'n tikkie magic van Fatima, 'n klassieke treffer wat 'n nuwe kinkel kry.



