Plaasmoord

個数:

Plaasmoord

  • オンデマンド(OD/POD)版です。キャンセルは承れません。
  • 【入荷遅延について】
    世界情勢の影響により、海外からお取り寄せとなる洋書・洋古書の入荷が、表示している標準的な納期よりも遅延する場合がございます。
    おそれいりますが、あらかじめご了承くださいますようお願い申し上げます。
  • ◆画像の表紙や帯等は実物とは異なる場合があります。
  • ◆ウェブストアでの洋書販売価格は、弊社店舗等での販売価格とは異なります。
    また、洋書販売価格は、ご注文確定時点での日本円価格となります。
    ご注文確定後に、同じ洋書の販売価格が変動しても、それは反映されません。
  • 製本 Paperback:紙装版/ペーパーバック版/ページ数 512 p.
  • 言語 AFR
  • 商品コード 9780798151160

Full Description

Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos. Maar daar's komplikasies. Een van hulle is Saar Swarts, die vermoorde Freddie se suster. Buiten skok en hartseer probeer Saar ook haar skuldgevoel jeens haar suster verwerk. In die proses kom sy af op Freddie se skilderye waarin sy haar eie moord in skokkende realiteit uitbeeld, en ontdek sy briewe van 'n regse politieke groep met doodsdreigemente teen Freddie. Boonop begin sy vermoed dat Freddie se nuwe voorman nie is wie hy voorgee om te wees nie. Saar se grootste uitdaging raak nou om die res van die mense om haar te oortuig dat die moord op Freddie en haar kind nie 'n plaasmoord in die "gewone sin van die woord" was nie. En sy sweer sy sal nie rus voor sy nie die ware moordenaar/s opgespoor het nie. Beeslaar, daarenteen, se grootste stryd is teen homself: Hy's net nie meer die gatskop-polisieman van vroeer nie...Kort voor lank word hy en Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangoma's inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land.
..En uiteindelik nog 'n moord...