Die reise van Isobelle (2nd)

個数:

Die reise van Isobelle (2nd)

  • オンデマンド(OD/POD)版です。キャンセルは承れません。
  • 【入荷遅延について】
    世界情勢の影響により、海外からお取り寄せとなる洋書・洋古書の入荷が、表示している標準的な納期よりも遅延する場合がございます。
    おそれいりますが、あらかじめご了承くださいますようお願い申し上げます。
  • ◆画像の表紙や帯等は実物とは異なる場合があります。
  • ◆ウェブストアでの洋書販売価格は、弊社店舗等での販売価格とは異なります。
    また、洋書販売価格は、ご注文確定時点での日本円価格となります。
    ご注文確定後に、同じ洋書の販売価格が変動しても、それは反映されません。
  • 製本 Paperback:紙装版/ペーパーバック版/ページ数 624 p.
  • 言語 AFR
  • 商品コード 9780624053071

Full Description

Die reise van Isobelle neem 'n hele eeu, van 1894 tot 1994, in oenskou. Van die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe, tot die Struggle wat uitloop op 'n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Enersyds bied die skrywer 'n panoramiese blik op groot omwentelinge, andersyds 'n intieme kyk op die persoonlike belewenisse van vier generasies van 'n blanke Afrikaanse familie in Afrika. Veral die hartstogte wat hulle dryf en sin gee aan hul bestaan. By ds. Josias van velde, hartstog vir God, by name die Verbondsgod van die Afrikaner. Daarom is die wit konsentrasiekamptentjie wat hy van dankbare Boervroue in skrynende omstandighede ontvang, vir hom so kosbaar. By sy skoondogter Angens, die hartstog vir die 'pa' wat haar weggestuur het uit Brits Oos-Afrika, en wat sy op 'n manier terugvind by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Die erotiese en die opwelling van nasionale gevoel loop vir haar hier saam. Haar dogter, Belle, vind die groot hartstog: 'n passie wat alles oorskry, maar leef haar te pletter teen wette en gesindhede wat harte skei op grond van velkleur.
Belle se dogter, Leo, bevry van die houvas van volksleiers se futiele visioene, stry vir 'n regverdiger bestel, en brei so die weg vir 'n voller lewe: die derde Isobelle. Anders as in die tradisionele 'familieroman' is die hoofkarakters hier vroue, en dit is juis die vroulike perspektief wat toon hoe die politiek in persoonlike lyding gestalte kry.

最近チェックした商品