Die laaste Afrikanerleiers

個数:

Die laaste Afrikanerleiers

  • オンデマンド(OD/POD)版です。キャンセルは承れません。
  • 【入荷遅延について】
    世界情勢の影響により、海外からお取り寄せとなる洋書・洋古書の入荷が、表示している標準的な納期よりも遅延する場合がございます。
    おそれいりますが、あらかじめご了承くださいますようお願い申し上げます。
  • ◆画像の表紙や帯等は実物とは異なる場合があります。
  • ◆ウェブストアでの洋書販売価格は、弊社店舗等での販売価格とは異なります。
    また、洋書販売価格は、ご注文確定時点での日本円価格となります。
    ご注文確定後に、同じ洋書の販売価格が変動しても、それは反映されません。
  • 製本 Paperback:紙装版/ペーパーバック版/ページ数 448 p.
  • 言語 AFR
  • 商品コード 9780624052555

Full Description

Gerespekteerde historikus Hermann Giliomee volg die wee van vyf van die mees invloedryke Afrikanerleiers. Vir hierdie boek het hy met talle rolspelers onderhoude gevoer. Baie van hulle is nou bejaard, en wil graag hul ervarings deel, soms vir die eerste keer. Die boek gee dus 'n totaal nuwe blik op die binnewerkinge en denke van die regering tydens apartheid. Giliomee probeer om nie te verdoem nie (want verdoem is maklik, se hy) maar om te verklaar. Hoe het dit gebeur dat gerespekteerde leiers vir soveel jaar so 'n onderdrukkende stelsel kon handhaaf? Die lewens, voorstelle en keuses van Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha, Frederik van Zyl Slabbert en FW de Klerk word in diepte bespreek - met soms verrassende en onvoorspelbare nuwe insigte. So bespreek Giliomee die moontlikheid dat Verwoerd self ironies genoeg deur sy onderwyswette die doodskoot aan apartheid toegedien het. Hy vertel hoe Vorster homself as keiser van sy eie ryk beskou het, hoe Botha weens 'n verswygde eerste beroerte aan oordeelsvermoe ingeboet het en hoe die Rubicon-gebeure eintlik op 'n misverstand berus het.
In die laaste hoofstukke bekyk hy FW de Klerk wat as Dopper 'n morele raamwerk probeer volg het, maar tog ook sy eie blindhede gehad het. Stimulerende eietydse geskiedenis uit die hoogste rakke.

最近チェックした商品